Bloemhof Gasteplaas

Gasteplaas buite Bloemhof,

Noord-Wes

Rustige plaas atmosfeer waarna so baie smag

MEER OOR ONS…

Geleë 15km buite Bloemhof, Noord-wes, rigting Wolmaransstad, net 1.5km vanaf die N12, is hierdie plaas met sy rustige atmosfeer, net die plek om te herlaai voor die volgende dag se lang pad.

Ons het 2 kamers in die gastehuis, en 2 tuinwoonstelle.

Die tuinwoonstelle is selfsorg eenhede, met goed toegeruste kombuisies.

Die kamers kan in die gemeenskaplike sit/eetkamer, ook kos verhit, of van die braai area gebruik maak.

Al die kamers het lugverkoeling.

Selfsorg Akkommodasie

Beide woonstel A en B het goed toegeruste kombuisies

Woonstel A

Woonstel A het ‘n aparte lugverkoelde kamer met ‘n dubbelbed en en-suite badkamer. Daar is ‘n oopplan leefarea met ‘n goed toegeruste kombuis, sit gedeelte by ‘n kaggel en 2 enkelbeddens. 

Woonstel A kan 4 mense akkommodeer.

Woonstel B

Woonstel B het een groot oopplan area, lugverkoeling, met 3 enkelbeddens en ‘n kombuis gedeelte. Daar is ‘n aparte badkamer met ‘n stort en aparte toilet.

Kamer 1

Kamer 1, met sy en-suite badkamer het ‘n dubbelbed. Kamer 1 het vol DSTV.

Kamer 2

Kamer 2 het 2 enkelbeddens, wat maklik in ‘n koningsgrootte bed verander kan word. 

Groter groep?

Woonstel A en B kan as ‘n geheel bespreek word, waarna die verbindingsdeur dan oopgemaak word.

Kapasitiet

16 Mense kan maklik hier geakkommodeer word. Selfs meer indien nodig.

Baie lekker braaiplek

Buite is ‘n baie lekker braai area. Daar is genoeg veilige, onderdak parkering en die plaas atmosfeer waarna so baie smag.

Speel area vir kinders

  • ‘n Lekker groot omheinde grasperk
  • Swaai en glyplank in koelte
  • Veilige tuin
  • Baie plaasdiere om te sien

– Callie v

Kontak besonderhede:

Kontak 084 764 9739 – Sumari Roets

Epos: bloemhofgasteplaas@gmail.com